Te Koop - Junie 2020
Kamonande is in 2001 gevestig. Die meeste chalets word op ‘n deeleienaarskap-basis besit oftewel fraksionele eienaarskap. (10% aandele soos Sanlammeer) Die totale oppervlakte van Kamonande is ongeveer 2000 ha
Aandele vanaf R200k - R750k is beskikbaar
Chalet 23 –
Hierdie is ‘n pragtige chalet wat pynlik netjies onderhou word met ‘n panoramiese uitsig. Die eenheid is ‘n ten volle gemeubileerde groot standaard eenheid met oop-plan sit-eetkamer en kombuis. Daar is 4 slaapkamers. Die twee onderstes het elk sy eie volle badkamer (toilet, wasbak, groot bad en stort) en die twee bo het elk hul eie toilet, wasbak en stort. Voorts is daar ‘n onderste kuierkamer met ‘n ingeboude braai, kroeg, borrelbad (Jacuzzi), en pool tafel. Hierdie vertrek lei uit na ‘n houtdek met swembad. Buite die eenheid is ook ‘n buitebraai en afdak vir drie voertuie en laastens het die eenheid het sy eie Land Cruiser wildsvoertuig
– Die prys is R200 000 vir ‘n 10% aandeel.
Fotos
Indien jy belangstel kontak asb Erik Crause
by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 082 745 6324